Drostdy – samevloei van opvoeding, sake en ’n gemeenskap

Geagte seremoniemeester, Agbare burgemeester, Raadslid Steyn, Voorsitter van die Beheerrad, Mnr Jordaan, Skoolhoof mnr Underhay, personeel en al die eregaste, die vriende van HTS Drostdy, hier vanaand.

Dit is ’n aangename voorreg om persoonlik by HTS Drostdy te wees.  Nou kan ek ervaar wat ek op die uitstekende webwerf gelees het en wat ek uit interaksie

met die skoolhoof en organiseerder van hierdie skool te wete gekom het.

Uit my bekendstelling sal u weet dat ek baie dinge was en is, maar nie ’n formele onderwyser nie.  Die onderwys lê egter diep in my wese en na aan my hart.  My oupa, ouma, pa, ma en oom was onderwysers.  My vrou en twee broers is in die onderwys en ek het drie kinders op skool.

Onderwys en onderwysers speel so ’n sleutelrol om ’n land se vermoë, vaardighede, kennis en die ekonomie koers te gee.  Dit het so ’n vormende invloed op die maniere, etiek en integriteit van die volgende geslag leiers.  Dit is kwaliteite wat ons mis as dit nie daar is nie.   Ons sien vandag die nadelige gevolge van ’n gebrek aan leierskap op verskeie terreine in Suid-Afrika.

Die gewese Kabinetsminister Chris Heunis het eenkeer gesê: “Mense wat nie verwar is oor die situasie in Suid-Afrika nie, is nie goed ingelig nie!”

A school is not an island.  It is not an enclosed teaching space governed by rules, laws and policies.  It is a living, breathing, changing part of society.  It is firmly linked to all the business, industrial, agricultural, economic and community activities around it. Hence I refer to Drostdy as a place where education, business and society converge.

Government, business and civil society are discovering that they can no longer operate or function in isolation.  In fact, government policy often requires public consultation and input. We often hear calls for government and business to work together.  This is necessary to overcome South Africa’s problems and to realise its potential.

The government has initiated projects in several parts of South Africa where business is now taking the lead in local economic development.  Before, this was government’s job. Business experts know whether a project or investment is viable and sustainable.  Government is there to play a vital enabling and facilitating role.  It does so by providing and maintaining infrastructure, public services, planning and other approvals.

Years ago corporate business had social responsibility programmes.  They funded projects in specific areas like job creation, the environment and education. They generally let project leaders run them and checked in from time to time. Now the cooperation is closer – companies fund community projects run or that are supported by their employees.  Companies are seeking a more active, direct and sustainable involvement in communities. And communities want it.

The Western Cape Provincial government has outsourced its vaccination programme to a private chemist chain.  Through the Partners for Possibility programme, school principals and business people team up to work together for a year.  They share their knowledge.  They learn about the other’s world.  It is often very different from the one they know.

Daar is baie verdienstelike organisasies wat geld, kundigheid en middele nodig het om hul belangrike rol in die gemeenskap te kan speel.  Hoeveel nieregeringsorganisasies doen vandag werk wat die regering eers het, maar nie meer kan of wil doen nie?

Ek hoor vandeesweek ’n opname het bevind dat private hospitale met 13% van die land se mediese hulpbronne 50% van die land se pasiënte bedien, dat daar 500 000 polisielede is, maar 900 000 werknemers in private sekuriteitsfirmas.

Die regering, sakesektor en die gemeenskap kan nie meer op sy eie in silo’s of ivoortorings werk nie.  Alles dui daarop dat die mense van ’n stad, dorp, omgewing en gemeenskap moet hande vat.  As jy saam beplan, jou netwerke gebruik, die beskikbare geld en energie saam inspan vir ’n gemeenskaplike doel, is die eindresultaat beter en bevoordeel meer mense.  Sulke samewerking bou momentum, samehorigheid en trots.  Dit bou ook broodnodige kennis en begrip van mekaar.

U kan dus sien wat ek bedoel met die samevloei van opvoeding, die sakesektor en die gemeenskap.  Die tradisionele skeidslyne vervaag.

Vanaand gee HTS Drostdy erkenning aan die ondernemings en instellings in Worcester wat daardie naasbestaan, interaksie en gemeenskapsbetrokkenheid prakties uitleef.  Bydraes in die vorm van geld, kundigheid, materiaal, hulp, arbeid en tyd word vanaand erken.  Dit is ’n broodnodige, gewaardeerde en sinvolle bydrae.  As ouer salueer ek daardie gees.

Professionele en sake-kundiges dien op die Beheerraad. Hulle deel hul kennis en raad vryelik.  Internskappe of vakansiewerk vir leerders in plaaslike ondernemings berei hulle voor vir die beroepslewe.  Studiebeurse help leerders om kennis en kwalifikasies te verwerf. Daardie kennis word eendag teruggeploeg tot voordeel van die gemeenskap.

Ons onderskat die krag van netwerke.  Dit is oneindig meer as kennismaak en visitekaartjies uitruil by ’n skemerkelk.  Dit is ’n onselfsugtige proses van deel en ontvang.  Deur netwerke met mense ontsluit ons kennis, hulp, professionele en persoonlike groei.  Soms ontdek ons geleenthede waarvan ons nie bewus was nie. 

Die sakewêreld is dikwels hard en ongenaakbaar. Skoolhou is ook nie ’n grap nie.  Die werklading in die klas, met administrasie en buitemuurse bedrywighede is hoog.  Daar is baie reëls, regulasies en voorskrifte oor die handhawing van dissipline.  Soms verwag ouers dat skole en kerke van hul opvoedingstaak moet oorneem of aanvul. 

As ons oor opvoeding of oor ons kinders praat, gaan draai die gesprek  dikwels by sosiale media.  Baie ouers en onderwysers is by met tegnologie, ander voel oorweldig. 

Miskien help hierdie perspektief:  Tegnologie, die internet en sosiale media is baie soos elektrisiteit.  As jy weet waar die skakelaar is, kan jy dit gebruik.  Jy hoef nie te verstaan hoe dit opgewek en gelei word nie.  Vra jou kind of ’n vaardige leerder om jou te wys hoe die sosiale media werk.

Die voordeel van sosiale media is dit gee elkeen ’n stem.  Die nadeel van sosiale media is dit gee elkeen ’n stem! Daar is dikwels interessante debatte, gesprekke, uitruil van inligting.  Sosiale media kan ook oneerlikheid, misdaad en korrupsie aan die kaak stel. 

Vir baie gebruikers is dit ongelukkig ’n plek om haat en woede te versprei.  Kinders en leerders moet besef dat werkgewers vandag ’n aansoeker se uitsprake op sosiale media navors.  ’n Onaanvaarbare twiet of blog kan jou kind of leerder, ondanks ’n goeie CV, ’n werksgeleentheid kos. 

Ouers en onderwysers kan nie die internet klop met inligting nie.  Dit is 24 uur per dag beskikbaar op die meeste bewoonde plekke op aarde met net ’n slimfoon in jou hand. 

Maar ouers en onderwysers het ’n belangrike voordeel bo die internet en sosiale media:  wysheid, oordeel, lewenservaring, insig en algemene kennis.  Daardie vaardighede is meer werd in die lewe as blote inligting.  Konsentreer dus daarop en gebruik jul voordeel om jul kinders en leerders te help.

Dikwels kla ons oor wat ons nie kan doen met wat ons nie het nie.  Draai dit ‘n slag om:  Dink aan wat ons kan doen met wat ons wel het!  My gunsteling-sakefilosoof Jim Rohn sê as jy iets wil doen, sal jy ’n manier vind.  As jy dit nie wil doen nie, sal jy verskonings vind. Die 2010 Wêreldbeker het vir ons gewys hoe dit gedoen behoort te word.

We have read much about fraud, corruption and investigations into FIFA.  We should not, however, throw out the baby with the bathwater.  Why was the 2010 World Cup in South Africa a success?

  • South Africa had a big dream to host the biggest sporting event in the world.
  • The price of success was great: new and upgraded infrastructure, a global marketing opportunity money could not buy.
  • The price of failure scared us into action: we would still have been ashamed if we had failed to stage it.
  • Politicians cooperated on World Cup matters despite disagreeing on other things.
  • National, provincial and local government cooperated: they aligned their plans, budgets and will to get things done.
  • The private sector followed their lead and invested.
  • South Africans felt proud and capable.  We had a can-do attitude.

That recipe is not lost.  All it needs is leadership.

Perhaps we have been conditioned to see leaders as the individuals who lead government, business and institutions.  But we need so many more leaders at every level of our country! You know the unsung heroes in Worcester.  Some are here tonight.

There are so many definitions of leadership: those who serve, who share their time, knowledge and wisdom, who acknowledge and encourage others, take considered decisions even if they are not popular, people with integrity, consistency, humility and reliability.

Schools should shape young lives.  It is here that they need to learn to ask critical questions, to be curious, to step up, to take initiative, to use opportunities, but also to accept responsibility.  This school has produced leaders and should continue this task.  We must remember that the journey to leadership does not start and end at the school gate.  It continues in business, society, in communities, at home and in the church. 

As Robin Williams in Dead Poets Society urged his students: “Find your own voice.  The longer you wait to find it, the less likely you are to find it at all.”

All of you here tonight have a role to play.  Grow leaders.  Be one yourself.

Sometimes when we read news media and observe what is happening in our country, we become concerned.  We quote from Alan Paton’s novel Cry the beloved country.

I invite and challenge you to start co-writing a new book Lead the beloved country! 

Mag HTS Drostdy, hier by die samevloei van opvoeding, die sakewêreld en die gemeenskap, steeds toegeruste en gevormde landsburgers en leiers lewer.  Suid-Afrika het hulle baie nodig.  Ek dank u.

Pieter Cronjé se korporatiewe loopbaan het in die joernalistiek by Media24 begin as Parlementêre en Londense korrespondent en Redakteur: Suider-Afrika.  Daarna was hy Sekretaris van die SAUK Raad asook Groepkommunikasiebestuurder.

He was Communication Director and spokesperson for the Independent Electoral Commission for South Africa’s first democratic election in 1994.  He then held senior management positions in Shell and later Sanlam before becoming the City of Cape Town’s Communication Director.

Daar was hy direk betrokke by Kaapstad se titel as Wêreldontwerphoofstad, Tafelberg se Sewe Natuurwonders-veldtog en die 2010 Sokkerwêreldbeker.  Daarna het hy Brasilië en Rusland besoek om daardie lande te help met hul Wêreldbekertoernooie.